Tussen die koppe, net buite Parys, lê ‘n juweel gasteplaas met volop wild, netjies ingewig tussen die randte.  Koppe, klowe, vallei en bos vorm ‘n mosaik van ‘n natuurwonder, gevorm meer as 2000 miljoen jaar gelede toe die grootste en oudste meteoriet die aarde getref het.  Vanaf die uitkykpunt hoog bo-op Langrant kan ‘n mens met sonsondergang die asemrowende ring rondom die krater waarneem.

Die gasteplaas is by uitstek geskik vir ekotoerisme , fotografie en wildsbesigtiging.  ‘n Paradys vir voëlkyk entoesiaste, stappers en bergfietsryers.  ‘n Juweel net  6km buite Parys op die R53 teerpadroete na Potchefstroom.

n Moderne geëlektrifiseerde wildsheining omring die plaas om die meer as 15 wildspesies te vestig.  Ses moderne dubbelverdieping, selfsorg chalets omring deur natuurlike bos, vorm ‘n privaat nis spesiaal vir uitgeputte stadsbewoners om te ontvlug.

Sonkrag verskaf die hoofbron van elektrisiteit, wat ons bydrae tot die groen omgewing is.

Kom en besigtig ons gasteplaas en word deel van die juweel van die Erfenisgebied in die Koepel.

Kom en ontspan en herlaai jou batterye in die prag natuurskoon.

Ons logo omvat die aardse elemente van vuur, doringbos, berg en skoene wat ook ‘n diepere en meer geestelike betekenis eie aan ons Skepper het.

   

   

Tuisblad | Oor ons | Akkommodasie | Fasiliteite | Kontak Ons

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people... - www.gsdpotch.com


We recommend that you view this website with: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or Mozilla 4.0